
Hierdie was n baie spesiale troue vir my, my boetie en Jacques is al van voorskool af vriende. Ek het lekker saam gehuil toe Lucinde die paadtjie afstap en maar gehoop my fotos is in fokus so tussen deur die trane. Mag julle lewe saam elke dag net so mooi wees soos julle troudag en dankie dat ek die dag saam met julle kon deel xx
Hierdie was n pragtige karoo troue met pragtige mense wat so diep in mens se hart in kruip. Daar is net iets spesiaals omtrent klein dorpies, almal hou saam bruilofsfees, selfs die dorp se band het vir hulle kom “serenade”. Suzaan ek onthou nog die dag wat ek n email van jou af gekry het waar jy my gevra het om na facebook fotos van jou te gaan kyk, hoe …
Ek was kinderlik opgewonde terwyl ek besig was om hierdie fotos te edit…dit is sprokies mooi…so asof dit prentjies moet wees vir n “happily-ever-after” storie…en ek twyfel nie vir een oomblik dat hierdie storie n mooi einde gaan he nie. Jacques en Jahna julle is so mooi saam, julle vul mekaar aan en maak mekaar gelukkig…elke foto is spesiaal en ek is so bly dat julle my gevra het om …
“Every love story is beautiful, but ours is my favourite” Mense vra my altyd raak jy nie moeg om elke naweek troues af te neem nie, maar ek sal nooit kan moeg raak daarvoor nie…elke troue, paartjie en hulle storie is uniek en wat se vrou is nie mal oor n liefdes verhaal nie…Bronwyn jy was n beeldskone bruid en het diep in my hart in gekruip xx