
Ek weet nie of ek meer op my senuwees of meer excited was om Pieter en Ester se groot dag af te neem nie. Toe Pieter my kom ontmoet het n maand voor die troue en vir my vertel het dat hy self ook n fotograaf is was ek baie op my senuwees, maar het baie spesiaal gevoel dat julle my uitgekies het om julle spesiale dag af te neem, en ek hoop dit is als en nog meer as wat julle verwag het. Dit was vir my sooo lekker om julle fotos te neem, eerstens is julle mooi van binne en buite en tweedens weet julle presies wat ek wil he as ek se maak so of staan so, Ester jy was n pragtige bruid en straal op elke liewe foto, ek kan sien hoe gelukkig julle mekaar maak en wens vir julle n leeftyd vol liefde en geluk toe. Ek gaan nou ophou praat sodat julle die fotos kan geniet xxx
4 Responses to Pieter & Ester