Vandat ek die eerste keer vir Melissa en haar ma ontmoet het was ek absoluut mal oor hulle….dit is vreemd hoe party mense net so vinnig so diep in n mens se hart kan kruip. Ek het saam met hulle uitgesien na hierdie groot dag en het elke oomblik van die dag saam met hulle geniet, ek moet ook by se dat die Rosebarn en al die detail die perfekte …
Ek is mal oor al my kliente en sonder niemand uit nie maar as ek n favourite mag he sou dit klein Amy wees….ek dink nie daar is n baba wat al so baie profesionele foto shoots soos Amy gehad het nie en haar mamma het altyd die coolste idees. Ek love die Cameron-White familie en is dankbaar dat ek goeie vriende uit kliente kon maak xxx
Pierre & Simone is n awesome couple en ek het dit vreeslik geniet om deel te kon wees van hierdie spesiale dag! Pierre se pa het die preek gedoen en ek moet se ek was al by bitter baie troues in my lewe maar hierdie was een van die mooiste boodskappe wat ek nog gehoor het en dit was net nog mooier omdat die boodskap van sy pa se hart …
Leandi het vir maande voor haar troue elke week vir my n email gestuur van mooi fotos wat sy gesien het, so ek het geweet haar fotos is vir haar baie belangrik. Ek is bitter bly die weer het mooi saam gewerk en is seker jy gaan baie gelukkig wees met jou fotos, jy was n pragtige bruid en ek het dit vreeslik geniet om deel te wees van julle …