
Ek is mal oor die karoo dorpies en hulle mense, seker omdat ek self in so dorpie groot geword het. Ek het Valmarie omtrent n jaar terug ontmoet en saam met haar en David uitgesien na hulle groot dag. Dit was n onvergeetlikke mooi dag, julle twee pas so mooi by mekaar en ek wens vir julle emmers vol liefde vir julle toekoms saam. xx
Elke meisie droom van haar troudag, maar partykeer is die werklikheid nog mooier as n droom. Die Rosebarn is vir my een van die mooiste venues en Cara een van my mooiste bruide. Julle troudag was so spesiaal, dit is vir my so mooi om die liefde tussen julle, julle familie en vriende en belangrikste van alles die liefde tussen julle en God te kon ervaar. Hierdie was verseker n …