
Dit was vir my so groot voorreg om hierdie troue te kon doen. Ek ken al vir Freda van skool dae af, sy was n paar jaar jonger as ek (hoe oud voel ek nou skielik) ek onthou haar as die pragtige blonde dogtertjie wat nou n nog mooier vrou geword het. Wat hierdie troue nog meer spesiaal maak is dat sy met een van my broer se beste vriende getrou het….so ek jok nie as ek se dit was defnitief een van die troues waar ek nog die meeste trane moes afvee. Julle twee bring verseker die beste in mekaar uit en die liefde tussen julle en julle families is iets wat julle altyd moet koester. Hofmeyer is n karoo dorpie wat min mense ooit by uit kom en wie sou kon raai dat mens so n stunning troue hier kon hou. Geniet die fotos….hier is baie…ek het gesukkel om te kies xxx
Hierdie “character” is my broer, my hart mis jou altyd brotherbear, wens Bloem was nader!