Ek vra altyd vir my couples hoe hulle ontmoet het…..ek is mal oor mooi liefdes verhale en AC en Dorette se storie was vir my so mooi. Hy was vir baie jare haar beste vriend, hy het geduldig gewag vir die regte tyd en geglo dat sy die een vir hom is, so bly dat julle mekaar gevind het! Ek wens vir julle n toekoms vol liefde en baie geluk, en mag julle nooit vergeet hoe spesiaal dit is om ware liefde te vind xxx