
Vandat ek die eerste keer vir Melissa en haar ma ontmoet het was ek absoluut mal oor hulle….dit is vreemd hoe party mense net so vinnig so diep in n mens se hart kan kruip. Ek het saam met hulle uitgesien na hierdie groot dag en het elke oomblik van die dag saam met hulle geniet, ek moet ook by se dat die Rosebarn en al die detail die perfekte plek vir hulle sprokies troue was. Melissie jy was n beeldskonne bruid, ek weet nie wat vir my die mooiste van jou is nie jou hart of jou glimlag, Naude is n baie gelukkige man! Hoop ek sien julle darem weer eendag {miskien waneer daar n ou pienk voetjie oppad is, dan sal ek maar die pad Kimberley toe aanvat}. Ek hoop die fotos vertel vir julle die storie so mooi soos wat dit werklik was. xxx
19 Responses to Naude & Melissa