
Ilse se smile is so aansteeklik mooi, nie net is sy n mooi mens van buite nie maar nog mooier van binne. My man lag altyd as hy sien hoe ek huil op troues asof ek die mense al jare ken en deel is van die familie maar dit is so moeilik om nie lief te word vir elke een van my bruide waneer ek so lang pad saam met hulle stap. Julle het diep in my hart in gekruip en ek wens vir julle net liefde en geluk vir julle toekoms saam xx