
Daar is net iets baie spesiaals vir my omtrent n belly-shoot. Dit is vir my so mooi om te sien hoe die man met soveel liefde na sy vrou kyk wat nou vir hom net nog meer kosbaar is as die dag toe hulle getrou het. Dit is die grootse geskenk wat Liewe Jesus vir n paartjie kan gee, om n kind te he. Lischa ek kan net dink hoe mooi Lisa gaan wees as haar mamma so beeldskoon is.